GENIET die PITKOS REIS saam met my en weet net jy reis nooit alleen nie
My PITKOSBOEKIE is beskikbaar en die twee foto's is voorbeelde van buiteblad van jou keuse...x
My PITKOSBOEKIE is beskikbaar en die twee foto's is voorbeelde van buiteblad van jou keuse...x
VOORBEELDE VAN STUKKIES WAT IN PITKOSBOEKIE GAAN VERSKYN - asook foto's van my skilderwerk . Onder verskyn paar voorbeelde van watter pitkos in boekie kan verskyn....Daar is 70 bladsye pitkosreise in boekie, asook 'n stukkie oor 'n kankerreis van twee vriende om ander te inspireer .
Deur my lewe reis ek dinge raak, inspireer mense my, ...die maan, sterre, see, bosveld, kabouters en my kleinkinners...Pitkos is deel van my bestaan.."sommer die manier wat ek self skryf, so skeef en krom"...Soms lees ek stukkies raak en ander kere sien ek die mooi en die minder mooi wat om my gebeur met 'n vriend/in..
Ek reis met 'n kerslig in my siel af en ervaar die volgende,....(kopiereg op my eie pitkos)
vroegoggend stap oor klippe en so af en toe spoel die see water oor hul blink lywe en los spore op die wat innie son le en bak.... tussenin le die mooi skulpe wat elk uniek gevorm is en ek sit en kyk terwyl die dag ontwaak en hoe elk na die beeld vannie see gemaak is,., 'n seevoe''l staan nader terwyl die meermin my foto's wys van haar huis binnein die see...''skilpaaie haar stoele, skulpe haar eetgerei, haar bed van seewier en bamboes, en haar gordyntjie is ingerygde skulpies en 'n seester haar lig op haar pad. Soms kom die groot walvis verby en vra haar ''is als ok''..dolfyne haar getrouste vriende en sy bevry die lyne, nette en hoeke van die visse en hou die seetuin dop en vra wanneer hou die mens ooit op....GENIET DIE REIS (amanda..)
die dag se groot lig word binnekort afgesit....sag vra ek 'n engel om hul groot spierwit vlerke oor plase en siele te sprei....mag die sagte wit vere jul sag omvou....jul reise op plase en paaie vol genade blinkers gestrooi word en die siel wat innie donker wandel ander paaie sal kies omdat die lig hul verblind.....GENIET DIE REIS innie lig..xx(amanda..)
voetspore trap oral...oor duine, teerpaaie, grondpaaie en in harte.... trap sag jy trap dalk 'n gogga raak, jy trap dalk op 'n geliefde se spoor, jy trap dalk iemand se hart seer... jy trap dalk iemand se droom raak.... daar waar jy een ry spore sien onthou daar was jy gedra... maar daar waar jy twee rye sien daar het 'n lojale vriend langs jou gestap.. GENIET DIE REIS....(amanda.)
niemand saai die lelies op die wildestrand nie, ook nie die Kaapse fynbos nie,.. niemand versorg dit nie, niemand hou dit nat nie,.. skielik een ogggend staan hul net daar met spierwit gesigte, bosse blomme langs die pad.. ek smile en weet wie die saaier was ...''niemand tel meer 'n ryloper op wat langs die pad staan en hike nie, dis elk vir homself en tog verder aan sien ek hom met 'n witlelie staan in sy hand en opkyk na bo en sagte wind waai oor sy nat wange... so reis die hiker, die wind en die saad vannie fynbos...GENIET JOU REIS en ek pluk 'n bos lelies vir jou reis..xx (amanda)
terwyl die groot lig aangesit word op hierdie planeet .... stap skilpaaie stadig op soek na kos,...die dassies sit en vang die son se lig al van vroeg af naby die berg wat lyk soos 'n tafel...hul nooi jou uit om te kom aansit by die tafel wat spesiaal ook vir jou gedek is ....'n groot ''spreilig'' sal jou pad verlig en jy sal aansit saam
die diertjies en goggatjies vannie natuur, want hul bring 'n brief van ver en dit lees ''jy is nooit alleen nie al voel dit soms so''!!,.... GENIET DIE REIS en eet van die soet genade vannie lewe (amanda)
die kabouter het my kom haal om die see innie nag te sien... terwyl die maan se lig bo-op die waters val was daar geen siel meer in sig, net die groot water met die soutreuk wat stil innie lug hang, die kabouter met sy lantern en ek wat hand aan hand saam stap al op die spore van andere...''my kind sien jy Lot se vrou wat eenkant staan in sout... sy was maar ook net 'n mens soos jy en om om te kyk die doen ons graag, hou jou oe'' omhoog en word 'n rigtingwyser''...GENIET DIE REIS (amanda)
langs die groot waters vroeg vanoggend tussen die rotse het ek by die kabouter gaan sit ..terwyl die branders breek, die meeue praat en die krappe eers links en dan regs oor die sand hardloop sien ek stukke gekleurde glas oral le en sien die kante is reeds glad afgeskuur ... die kabouter vertel my ''die wrywing van die lewe skuur jou nes die krappe hardloop eers links en dan regs en die mense kras soos die meeue en as jy stil word en die glas aanskou, dan is dit mooi blink geskuur en kan geen kant jou meer sny nie''.. tel 'n stukkie glas op na jare se wrywing en kyk hoe blink en mooi dit is...GENIET DIE REIS stukkie glas ..x(amanda)
terwyl sagte reen neersak buite en druppels teen my venster afgly...sien ek 'n verdwaalde druppels wat anders lyk, groter as die res ... binne hulle is daar 'n blink kol wat lyk soos 'n liggie wat brand... terwyl ek met my hand aan die binnekant van die glas aan hul vat, flikker die liggies en stadig gly hul af terwyl die ander hul volg...en ek hurk by my aarde en sien die tekens van genade... 'n nat aarde wat blink le vol liggies ...GENIET DIE REIS en laat jou liggie ook brand..xx (amanda)
in die stofpad gestap en oral stap klein goetertjies saam, toktokkies, shongololo's , en miere, onder 'n boom 'n groot sampioen en dis die blyplek van die ''fairies'' en die skoenlappers is opgewonde en sit oral om die sampioenhuisie.... die fairies is nerens te sien nie want hul het gaan water haal vir tee tyd...stil stap ek aan en ek weet daar is lewe om my en innie bos, agter 'n stam van 'n boom en onder die grond waar die miere woon... die grond is nat, die reen het genade gebring en die bosveld is groen...stap saam liewe vriend en geniet die reis en kom sit ook aan vir tee....! (amanda)


So asof mens die Israeliete se voetspore op die bodem van die see nog kan sien......Dis n onderwater fyntuin......klein, delikate korale met die kleurvolste vissies wat die tuintjie bearbei pienk en pers wuifende annemone en skulpies wat vreemd gekerf is// dan skryf ek en jy ons name op die bodem van die Rooi See met ons vingers in die sand en s die Israeliete weer droogvoet daardeurstap, sal hulle ons name daar sien.....
ReplyDeleteVandag vra ek die Here om sy genadekombers wyd oor my te gooi, sodat ek kan omdraai en skop sonder om oop te wees.